Dakaanwendings sluit in alle teëls, platdak beton, golf-gegalvaniseerde- en asbes dakplate. Die hoë vesel akrieliese waterdigting mengsel is ideaal vir huishoudelike en industriële gebruik; maklik om aan te wend oor voorafververvaardigde metaal-dakplate. Wanneer hierdie buigsame materiaal in `n wit kleur aangewend word, reflekteer dit natuurlike sonlig wat die temperauur in die struktuur verlaag. Bulldog Seal moet nooit tydens klam/reënerige toestande aangewend word nie. Vir die beste resultate, wend dit aan in droë/koel weersomstandighede.
Instruksies
vir gebruik: Asbes-, metaal- en teëldakke
1. Verwyder ou waterdigting materiaal
2. Skuur skoon met draadborsel. Spoel oppervlakte met skoon water af.
3. Tik dakskroewe liggies met `n hamer vas. Vervang los skroewe met langer
indraai skroewe.
4. Gebruik klein kwas (50mm) om Bulldog Seal mildelik aan te wend oor all
dakskroewe, lasse tussen plate en om geute. Op teëldakke, wend aan tussen
die nokteël en herstel gebeekte teëls deur Bulldog Seal as `n kleefstof
te gebruik. Verf dan bo-oor wanneer droog.
5. Vir ongeverfde asbes, verdun Bulldog Seal 50:50 met water en wend as `n
onderlaag an.
Die beraamde verbruik: 0,5 litre per vierkante meter dakarea.
Instruksies
vir gebruik: Betondakke
1. Verwyder ou waterdigting materiaal.
2. Skuur met draadborsel. Spoel oppervlakte met skoon water af.
3. Verdun Bulldog Seal 50:50 met water en wend as onderlaag aan. Laat droog
word.
4. Verf twee lae Bulldog Seal aan deur die eerste laag in een rigting en die
tweede laag oorkruis te verf.
5. Waar die dak by die borsweringsmuur ontmoet, verf Bulldog Seal mildelik
aan vir 100mm op teen die muur en vorm `n 10mm skuinste tussen die dak en
die muur. Indien die borsweringmuur krake toon, kan Bulldog Seal bo-op geverf
word om die krake te seël.
6. Wend Bulldog Seal aan al die uitlate, om pype en lugdrade, ens.
Beraamde verbruik: 1 liter per vierkante meter dakarea.
Roofapplications
Dakaanwendings
Water
Applications
Wateraanwendings
Timber
Applications
Houtaanwendings
Wall
& Brick Applications
Muur-, Steen- & Betonblokaanwendings
Physical
properties: Bulldog Seal
Fisiese-eienskappe:
Bulldog Seal
Die Lamont Hussey Sterrewag, geleë op Naval Hill (Franklin Natuurreservaat) in Bloemfontein. `n Laag Bulldog Seal seël die lekke in die koepel en verleen terselfdertyd `n dekoratiewe beeld aan die gebou. Die projek was in 1978 voltooi; geen tekens van agteruitgang was sigbaar tydens `n inspeksie in 2007. Terwyl besoekers `n manjefieke uitsig oor die stad geniet, kan hulle ook kameelpere, springbokke, volstuise and buffels sien wat vrylik op die veld in die Franklin Natuurreservaat beweeg.