Wateraanwendings sluit in damme, troë, sement- en spruitsement swembaddens, fonteintjies en visdamme, asook damwalle, kelders, vlaklae, voetpaadjies, balkonne, keermure, vloere en terrasse, water- en riooltenke, pompstasies, sub-strukture, kanale en betonputte.
Instruksies
vir gebruik: Waterdigting
van Klam Mure
1. Verwyder ou waterdigting materiaal.
2. Skuur met draadborsel. Gebruik tuinslang en spoel muur met skoon water
af. Laat 3 dae (in ideale weersomstandighede) toe vir die muur om uit te droog.
3. Verdun Bulldog Seal 50:50 met water en wend as `n grondlaag aan.
4. Laat toe dat dit vingerdruk-droog word.
5. Verf een laag Bulldog Seal teen 1 liter per vierkante meter.
6. Wanneer droog kan die oppervlakte met normale muurafwerkings geverf word,
alhoewel dit nie nodig is nie.
Belangrik: Verseël altyd die buitekant van die muur.
Instruksies
vir gebruik: Damme,
Troë en Visdamme
1. Verwyder ou waterdigting materiaal.
2. Skuur met draadborsel. Spoel die oppervlakte met skoon water.
3. Verdun Bulldog Seal 50:50 met water en wend as `n onderlaag aan.
4. Verf twee lae Bulldog Seal teen 1 liter per vierkante meter. Verf een laag
in een rigting en die volgende laag oorkruis.
5. Laat 3 dae (in ideale weersomstandighede) toe om te droog voor water ingetap
word. Indien skuim in die water voorkom, vul net halfpad, spoel en laat die
water uit. Herhaal spoeling tot die skuim heelwat verminder het, veral in
visdamme.
Roofapplications
Dakaanwendings
Water
Applications
Wateraanwendings
Timber
Applications
Houtaanwendings
Wall
& Brick Applications
Muur-, Steen- & Betonblokaanwendings
Physical
properties: Bulldog Seal
Fisiese-eienskappe:
Bulldog Seal