Muur- , Steen- & Betonblok-aanwendings

Muur- Steen- en Betonblok-aanwendings sluit in verseëling van klip, poreuse beton, steenwerk en pleisterwerk. Bulldog Seal kan ook gebruik word om krake in mure te verseël.

Instruksies vir gebruik: Krake in mure
1. Verwyder ou verf en los materiaal met `n draadborsel.
2. Verwyder stof met `n klam verfkwas.
3. Klein krake (<2mm) kan met Bulldog Seal geverf word. Gebruik daarna `n klam kwas en vee bo-oor Bulldog Seal om die oppervlak glad te maak, indien nodig.
4. Groter krake (>2mm): Meng Bulldog Seal met skoon fyn pleistersand tot `n stywe mengsel. Vul die krake daarmee deur `n plat-end skraper te gebruik. Laat toe om droog te word vir 2 ure. Verf normale Bulldog Seal mengsel bo-oor.

Instruksies vir gebruik: Klip, poreuse beton, steenwerk en pleisterwerk
1. Verwyder ou waterdigting materiaal.
2. Skuur oppervlakte met `n draadborsel. Gebruik `n tuinslang en spoel muur af.
3. Verdun Bulldog Seal 50:50 met water en wend aan as grondlaag.
4. Laat toe om vinger-druk droog te word.
5. Verf Bulldog Seal teen 1 liter per vierkante meter.
6. Wanneeer droog kan dit met gewone muurafwerkings geverf word, alhoewel dit nit nodig is nie.

 

Home
Tuis

Roofapplications
Dakaanwendings

Water Applications
Wateraanwendings

Timber Applications
Houtaanwendings

Wall & Brick Applications
Muur-, Steen- & Betonblokaanwendings

Physical properties: Bulldog Seal
Fisiese-eienskappe: Bulldog Seal

Colours
Kleure

Company Profile
Besigheidsprofiel

Contact
Kontak